VRAE EN ANTWOORDE...
1.Wat is die tipe musiek wat julle speel op troues en ander funksies?
Ons kan nooit voor die tyd sê nie. Ons ken nie die gaste nie en daar is baie dinge wat ‘n dans kan beïnvloed. Ons Dj’s word opgelei om die gehoor te lees en daarvolgens musiek te speel. Om voor die tyd te sê hoeveel van 'n seker soort musiek gespeel sal word nie dit sal net doodeenvoudig ‘n leuen wees.
2.Wat beïnvloed die dans?
1. Die grootte en gladheid van die dansvloer,
2. Of dit ‘n warm of koue dag is,
3. Die aantal jong en ouer mense (jonger mense kuier oor die algemeen later),
4, Die "party gees" van 'n funksie kan ook beinvloed word deur 'n onlangse traumatiese gebeurtenis in die familie.
5. As die kroeg buite die saal is kuier almal altyd daar en vergeet heeltemal van die dansvloer en sit net en luister na die musiek.,
6. Die tyd wat die dans begin. Enigiets na 22:00 is fataal.
7. Die plasing van die DJ tafel ons verkies geen gaste tussen ons en die dansbaan nie die ligte, klank en rook is partykeer net te oorweldigend en dit kan die gaste se ervaring van jou troudag omkrap.
8. Drankpryse kan ook die partytjie beeinvloed.
9. Is die "Venue" in 'n stedelike gbied of nie. Venues in stedelike gebiede het gewoonlik noise clippers en die klank is dan baie sag wat die "vibe" van die partytjie beinvloed
3.Die agtergrond musiek voor die dans of tydens die ete. Wat is dit en hoe werk dit?
Ons het drie tipes agtergrondmusiek – luister, agtergrond en klassiek. Die luister musiek is tipiese rustige musiek wat jy op ‘n Sondagmiddag oor die radio hoor. Dit is gewilde musiek deur gewilde kunstenaars. Hierdie tipe musiek kan ‘n mens speel soos die gaste aankom en inkom om te sit. Die agtergrond is alles instrumentele musiek wat deur die ete gespeel word. Panfluit, Kenny G, Nikos, Tol en Tol ens. Klassiek is meer vir baie formele troues en/of werksfunksies en word slegs op versoek gespeel.
4.Kan ons vir julle ‘n lang lys musiek gee wat ons graag gespeel wil hê?
Ja, maar ons sal dit slegs as 'n riglyn gebruik en beveel aan dat so 'n lys nie blindelings nagevolg word nie weereens ons Dj’s word opgelei om die gehoor te lees en daarvolgens musiek te speel.
'n Belangrike aspek op hierdie vraag is dat die bruidspaar op die aand meer aan die kuier en groet is as om te dans. Nou kies hulle die musiek, hulle gaste hou dalk nie daarvan nie, en die ergste is dat hulle nie eers dans nie. Nou sit die DJ en die gaste opgeskeep met ‘n lys wat nie werk nie.
In baie uitsondelike gevalle kan hierdie versoek wel geakommodeer word
5.Kan ons ‘n kort lys opstel van ‘n paar van ons gunstelinge en ook liedjies wat ons glad nie wil hoor nie?
Met plesier. Die lys van liedere wat julle grief of glad nie wil hoor nie is natuurlik die belangrikste.
6.Is dit moontlik dat iemand oor julle mikrofoon vir ons kan sing?
Ja dit is. Ons gebruik ten volle toegeruste "mixing desks" en ons doen ook klank vir sangers soos Heinz Winkler, Robbie Wessels, Mathys Roets, Eclips, Ons het 2 Koordlose mikrofone en 2 Shure Vocal Mikrofone.
7.Daar gaan ‘n orkes op ons ook speel ? Mag hulle oor julle luidsprekers speel?
Normaalweg laat ons dit nie toe nie maar as daar geen ander uitweg is nie sal ons 'n plan maak. In so 'n geval sal u ons genoeg tyd moet gee om met die betrokke orkes hulle klankbenodighede te bespreek omrede 'n orkes se klank baie verskil van 'n Mobiele DJ se klank en ons sal u of die orkes appart hiervoor moet kwoteer.
8.Hoe hard speel julle en is julle luidsprekers groot genoeg vir 300 gaste?
Ons speel gewoonlik te sag. Te sag is meer aanvaarbaar en julle kan kom vra om die musiek harder te sit. Ja, ons luidsprekers kan 300 gaste met gemak akkommodeer. Ons het stelle wat tot en met 1000 gaste kan akkommodeer. Dit moet ook net vooraf met ons gereël word en die fooi hiervoor is natuurlik ‘n bietjie meer.
9.Wat trek julle Dj’s aan?
Indien julle niks spesifiek voorskryf nie, trek hulle ‘n netjies hemp en langbroek aan met bypassende skoene.
10.Kan julle vir ons ook die klank en musiek by die kapel of kerk speel?
Ja. Indien die Kapel op dieselfde perseel as die onthaal is is dit gratis en ingesluit by die prys, Indien die kerk nie op die perseel is nie word 'n foo van R400 gehef. Daar word dan ‘n mikrofoon vir die diens opgeslaan en daar kan ander musiek gespeel word. Ons voorsien glad nie gesange en liedere op CD nie. Indien u dit self voorsien is u welkom.
11.Moet ons vir die Dj’s aan die gaste se tafels plek gee om te sit of op hulle eie tafel?
Nee dit is nie nodig nie. Al ons Dj’s verkies om sommer daar agter die tafel by die disko te eet. Hy moet so baie kere die mikrofoon beheer op snaakse tye dat dit te veel van opspring kos as hy te ver is. Hy moet in elke geval ook na die agtergrondmusiek omsien. Daar kan asseblief net vir die onthaalsaal gevra word om hom vroegtydig van ‘n mes en ‘n vurk sout en peper te voorsien GROOT ASB!!.
12.Wat het julle nodig by die saal?
Ons is baie maklik. Daar moet net as ons daar aankom 'n tafel (REGHOEKIGE) reg wees op die plek wat julle vooraf met die saal gereël het, sowel as twee stoele. Hy moet ‘n tafeldoek en ‘n val hê sodat die gaste nie onder die tafel kan inkyk en die kabels daar sien lê nie. Ons het ons eie kabels en proppe.
13.Moet ons vir die Dj’s van kos en drank voorsien?
Ja kos, maar u hoef nie drankies te koop nie behalwe u sou wou
14.Ons wil ook CD’s vir julle gee om te speel. Kan ons en wanneer gee ons dit vir julle?
Julle kan dit op die aand van die funksie vir die DJ gee. Die liedjies wat julle gespeel wil hê moet binne mooi gemerk wees. Julle is self verantwoordelik om die CD’s na die tyd by die DJ te kry.
15.Hoe laat gaan julle by die onthaal wees?
Ons beleid is om ten misnte 2 ure voor die funksie begin daar te wees indien iets sou skeefloop is daar dan nog genoeg tyd om iets daaraan te doen ons slaan 2 afsonderlike klanksisteme op, een in die saal en een in die kapel (indien u ons dienste daar benodig)
16.Wat benodig julle in die Kapel/Kerk?
Een tafel met ‘n tafeldoek en tafelval om, sowel as twee stoele.
17.Kan die mense die Dj met versoeke peper?
Ja. Hy verkies dit so want dan kry hy gouer ‘n idee van wat die groep se smaak is. Elke DJ het ‘n alfabetiese lys musiek by hom en kan hy vir die gaste byna onmiddellik sê of hy die lied het of nie. Hy het ook ‘n lys kunstenaars wat beskikbaar is. As ons die ;ied het en dit pas in op die daardie oomblik sal ons dit speel of oorhou vir later.
18.Sit julle die bruidegom af met geluide en vulgêre goed?
Nee, maar ons sit hom wel af met oorspronklike goed wat min mense al gehoor het. Dit is kostelik en snaaks. Jy kan natuurlik versoek om hom nie af te sit nie, maar dit laat die troue dood en baie formeel.
19. Kan ons die Dj voor die tyd sien?
Ja, ons sien gewoonlik die bruidspaar die Maandag voor die troue sodat alles nog vars in ons geheu is op die troudag. By hierde ontmoeting word die troe se verloop in detail bespreek en aangeteken om te verseker die dag verloop vlot. |