Troue Dj Gauteng Banner
Van Nou Af Sal Ons Verander Hoe Jy Dink Oor 'n Troue Of Partytjie DJ


Sluit aan By Ons sosiale Netwerke


vimeo
facebooktwitterbloggeryoutube

Kry Nou Jou Gratis Kwotasie Hier

dj kostes en pryse

Ons het altyd "Backup" Toerusting Byderhand by jou funksie, so in die onwaarskynlike toerusting foute vervang ons die toerusting binne enkele minute.

Die Musiek Wat
Ons Speel

Ons bring 'n volledige musiek biblioteek met ongeveer 200 000 liedjies op wat herroep kan word met die druk van knoppie vir alle musiek smake en ouderdomsgroepe.

Sestigs, Seventigs, Tagtigs (80's), Negentigs, Rock, Pop, House, Latin American, Country, Sokkie, Afrikaans Langarm Dans Musiek, Boere-musiek en al die ander treffers.

ONS HOU DIE TOP 40 TREFFERSLYSTE DOP VAN:

5fm, Highveld Stereo, Jacaranda Stereo, OFM, Eastcoast Radio and KFM

Ons kry amper daagliks nuwe musiek in en ons neem ook versoeke van jou gaste

Ons doen die volgende tipe funksies

Troues
Korporatiewe Funksies
Produk Bekendstellings
Promosies
Sport Byeenkomste
Skoue
Feeste
Jaar Eind Funksies
Verjaardag Partytjies
En enige ander funksie
waaraan jy kan dink


Ons reis na die volgende
Provinsies


Gauteng,
Mpumalanga,
Die Vrystaat,
Noord wes,
Limpopopo

Trots om Suid Afrikaans Te Wees
Troue DJ suid afrika

Christo Louw - DJ
0835115238

Email Hier

Dj christo Louw

Ollie (Tjaart) Olivier
Beligting,Groot Skerms en Klank

0823213466

Email Hier

dj ollie

Adele Olivier - Admin en Besprekings
0833973588

Email Hier

admin wedding dj adele

bubble masjien bou jou troue

brides choice aword troue dj

Chauvet Scorpion FX Laser is nou gratis beskikbaar by enige funksie

Laser_for_weddings_parties

Laser Effekte

chauvet_scorpion_fx_laser

ONS DOEN KARAOKE

karaoke_dj_gauteng

Spesiale Aanbod

NOU BESKIKBAAR 7500 BACKTRACKS EN KARAKE LIEDJIES OM VAN TE KIES

WIL U AFRIKAANSE BACKTACKS KOOP OF SELF ENGELSE BACKTRACKS

HOE MEER JY KOOP HOE GOEDKOPER RAAK DIT

KLIEK HIER INDIEN JY BELANGSTEL

 

Besoek asb Function Music Services Se Blog

Ons dateer on Blog Gereeld op met ons mees onlangste funksies video grepe en ook fotos wat ons bby verskeie funskies neem

troue dj blog

WEDDING LINK
Henk Meyer
Troue Fotograaf

wedding_link

JLN PHOTOGRAPHY
Troue Fotograaf

jlnweddingphotographersgauteng

Rike Coetzer
Saxophonist For weddings

rikemainpagefinal

Troue Venues waar Ons Al Gewerk het

Avianto, Toadburry Hall, Amanzingwe Lodge, Avalon Castle, Batter Boys, Bayete Estate, Bentleys Country Lodge, Diamond Hill, Die Grasdak, Green Leaves, Irene Country Lodge, L'Aquila, Mellow Oaks, Everwood, Diep In Die Berg, Tuscan BBQ, Berg Valey Estate, Oakfield Farm, Safari Garden Centre, Farm Inn, Moon And Sixpence, Eat @ Essance, Valverde, Voortrekker Monument, Zebra Country Lodge, St Georges Hotel, Bushmens Pond, Swan's Rest, Mabula Game Lodge, Zebula Game Lodge, Mabalingwe Game Lodge, Klein Kariba, Euphoria Estate, The Thatchery, Provance Tea Garden, Kwalata Game Lodge, River Meadow Manor. Centurion Country Club. Chez Charlene. Gold Reef City. Pretoria Old Boys Club. Fraaigesigt. Kleinkaap. Equestria Palms. Cedar Lodge. Idle Winds. Esparanza. Red Ivory Lodge. Klip Rivier Estate. Duck And Dine. The Collection Bali. Die Werf. Stonehaven On Vaa.l Glenburn Lodge. Usumbarra. Leopard Lodge. Villa Jana. Sun City. Alluvi Hotel, en vele meer

 

We are also trading and performing as FUNCTION MUSIC SERVICES

Nadat U deur ons webtuiste geblaai het sal or die nodige kennis beskik oor hoe om 'n betroubare DJ vir jou funksie of troue te huur en waarna om te kyk, U sal ook weet wat ons DJ maatskappy uniek en beter maak as al die ander Troue en Partytjie DJ's in Gauteng of self Suid Afrika.

troue dj kwotasie

Of u sou besluit om Ons te Bespreek of nie, ons wil he u moet 'n beter idee kry van wat regtig aangaan in die Troue en Partytjie DJ mark in Suid Afrika. Daar is 'n GROOT verskil van een DJ na die ander so lees asb sorgvuldig deur al die inligting en gaan kyk van ons video materiaal by VIMEO. Kosbare troue diens verskaffer inligting kan die verskil maak op jou spesiale dag en hoe jou gaste en jy voel na jou troudag of partytjie

Kyk hier na 'n 5 Minute Video oor wat Function Music Services se dienste behels

Video Materiaal geskiet deur - www.romanzafilms.com (Video gemaak By avianto Muldersdrift)

Huur 'n Professionele Mobiele Diskoteek, Troue en Partytjie DJ Hier...

troue dj kwotasie

Ons het meer as 14 jaar ondervinding in die Troue, Partytjie en Funksie DJ veld. Ons is die DJ's wat enige funksie enige plek enige tyd kan hanteer! Geen troue of funksie is afgerond sonder 'n goeie klank sisteem, 'n Professionele DJ en 'n groot verskeidenheid musiek en beligting nie.

ONS BIED JOU AL HIERDIE DINGE VIR 'N ONVERGEETLIKE TROUDAG KLIEK HIER VIR 'N VOLLEDIGE GRATIS KWOTASIE VIR JOU FUNKSIE.

DIE TROUE DJ'S VERSKAF 'N PROFESSIONELE TROUE DJ, MOBIELE DISKOTEEK EN PARTYTJIE DJ DIENS IN EN OM GAUTENG, PRETORIA, JOHANNESBURG, MPUMALANGA, DIE VRYSTAAT, NOORDWES PROVINSIE EN DIE LIMPOPO PROVINSIE.

Ons beleid by Die Troue DJ's om 'n hoë kwaliteit, betroubare en uitsonderlike diens aan die kwaliteit bewuste kliënt te verskaf wat net die beste wil hê. In vandag se tye is waarde meer belangrik as ooit. Ons is vasbeslote om die mees omvattende vermaaklikheid pakket met geen verskuilde koste aan jou te verskaf.

Troue Diep In Die Berg

Ons glo vas daaraan om die spesifieke en individuele behoeftes van elke kliënt na te kom. Nie een van jou ander troue diens verskaffers gaan die dag beinvloed soos die DJ nie. Vir die belangrikste dag in jou lewe, moenie "settle" vir tweede beste nie, Ons sal saam met jou sit om jou behoeftes te leer ken en presies te hoor waarna jy soek. Ons sal saam met jou werk om jou groot dag 'n sukses te maak.

Ons vat jou stap vir stap deur 'n tipiese troue en ons sal jou idees gee oor hoe om jou troue uniek te maak. Ons bied aan jou rus vir jou siel want ons professionele diens bring mee dat jou troue stres vry en elegant sal verloop. Ons unieke vaardigheid om die gehoor te lees sal sorg dat die dansvloer vol bly en dat almal hulself sal geniet soos nog nooit tevore nie.

Ons nooi jou uit om gerus Die Troue DJ's se kwaliteit diens met ander DJ maatskappye te vergelyk. As u 'n Troue, Funksie, Huwelik Herdenking, Verjaarsdag, Korporatiewe Funksie, Matriek Afskeid, Reunie, Sweet 16 Partytjie, Golf dag musiek en vermaak of enige ander funksie reel weet ons u soektog eindig hier by ons.

Troue dj by Oakfield Farm

troue dj kwotasie

Ons verskaf DJ's met klanktoerusting vir amper enige soort funksie, Ons spesialiseer in Troues en 90% van ons besprekings is Troues Ons het 12 jaar ondervinding en musiek kennis, so ons is in staat om vir jou die regte musiek op die regte tyd te speel. Van sagte agtergrond musiek by die ete tot lekker vinnige dansmusiek by die dans. Ons verstaan dat musiek jou funksie kan maak of breek en ons vat daardie verantwoordelikheid saam met jou.

Jou troudag is een van die mees belangrike dae van jou lewe moenie sommer enige DJ vertrou daarmee nie. Dis dalk waar dat goedkoop Mobile DJ's met wankelrige swak toerusting in oorvloed beskikbaar is, Dis gewoonlik die ouens (heelwaarskynlik nog op skool) wat opdaag met sy pa se Hi - Fi of "DVD surround sound" sisteem en dan noem hy homself 'n DJ. Dis ook die ou wat by daai troue gespeel wat jou hare laat regop staan het, en jou kop laat seer word het in plaas van jou voete.

dj-ligte-troue-dj-jln-weddingphotographers
Foto geneem deur Leon Labuschagne van www.jlnweddingphotographers.co.za

Ongelukkig werk dit so in die trou industrie "JY KRY WAARVOOR JY BETAAL" Die feit bly staan: na jou troue sal almal altyd praat van die musiek en die partytjie, en hulle sal dit die beste onthou. Jy sal jouself die vraag moet vra...

WIL JY DIE SLAGOFFER VAN 'N "HIT AND RUN DJ" WAT JOU TROUE OF FUNKSIE VERWOES??

Mobiele diskoteke en DJ's wat die soort diens kan lewer wat jy as bruid verdien is maar skaars. Onthou jou vermaak by jou troue is maar 'n klein persentasie van jou totale begroting en jy sal moet besluit,

"IS DIT WYS OM TE PROBEER BESPAAR BY EEN VAN DIE BELANGRIKSTE KOMPONENTE VAN JOU FUNKSIE?"

ONGERIGISTREEDE DJ'S MAG DALK JOU SPESIALE DAG VERONGELUK KLIEK HIER VIR 'N GRATIS KWOTASIE

TROUE DJ GAUTENG CHEZ CHARLENE

LEES HIERONDER EN MAAK SEKER JOU DJ IS GERIGISTREER SAMRO

SAMRO staan vir South African Music Right Organization. Wie is hulle, en wat doen hulle?. Hulle is 'n nie winsgewende organisasie wat fondse genereer deur lisensies uit te reik aan DJ maatskappye of geboue musiek gespeel word, of dit nou 'n radio in die agtergrond is, lewindige optrede, 'n winkel wat cd's speel in die agtergrond, restaurante, basies enige plek. Die geld word dan versprei na die komponiste en hulle families as hulle reeds oorlede is vir sowat 50 jaar

U sien die geld word nie betaal aan die kunstenaar nie want hulle verdien hulle geld deur optredes en cd verkope. Indien jy musiek wil speel wat nie deur jou gekomponeer en gesing word nie moet die DJ 'n lisensie he om dit te kan doen

Nou sal jy my vra wat het dit nou met my troue of funksie uit te waai?

Baie maklik. Indien jy 'n DJ bespreek om musiek op jou troue of funksie te speel moet hy 'n geldige SAMRO lisensie

TROUE WATERFALL COVE
Photo by Leon Labuschagne of www.jlnweddingphotographers.co.za

SAMRO stuur van tyd tot tyd mense uit om by verskillende venues te kyk of die dj gerigistreer is asook die venue. Indien die DJ se lisensie nie orde is nie kan die Dj gearresteer word en dit kan die einde van jou Troue beteken en al jou drome is aan skerwe.

Daar is letterlik honderde DJ's wat voel hierdie lisensie is sommer 'n geldmaak storie en hulle weier om die fooie te betaal

Maar daar is ook 'n paar van ons wat ernstig is oor ons werk, en ons wil nie onself en ons kliente in die verleentheid stel nie..

troue dj kwotasie

bekendes saam met wie ons al gewerk het en ontmoet het by Troues En Funksies

Sean Else - Mozi Records

SEAN ELSE

Heinz Winkler

heinz
Bobby Van Jaarsveldt

bobby van jaarsveldt
Steve Hofmeyr

steve
Melt Sieberhagen - Comedian / MC / Actor

melt
Pierre Spies - Springbok Rugby Player

pierre Spies
Paulo Azevedo of the band Eden

wedding dj gauteng
Ricus Nel - Musician

ricus nel
Vaughn Gardner the singer of "Gooi jou arms om my"

wedding dj gauteng
Robbie Wessels

poena

Kobus Wiese

kobus wiese

Ghapie from the band Georgia

ghapi
Marcus Muller - Actor

marcus muller
Casper De Vries - Comedian

casper
Andries Botha of the Band Georgia

andries
Eclips

eclips

Theresa Benade - Actress

theresa

Bosveldklong - Singer Comedian

thys

Lianie May - Singer

lianie
Hou Hierdie Spasie Dop vir Ons Celeb Funksies

Hier is 4 dinge om na te kyk as jy 'n Troue DJ wil Huur.

Indien jy besig is om jou pesiale dag of funksie te beplan sal jy seker alreeds besef hoe belangrike rol die musiek gaan speel in die sukses van die dag.

Vir hierdie belangrike rede moet jy dus jou troue dj met groot sorgvuldigheid kies want die DJ is die een diesns verskaffer wat jou partytjie kan maak of breek.


1. Huur 'n DJ met BAIE Ondervinding.
Die troue DJ is anders as DJ's in Clubs en kroee wat vir spesifieke gehore DJ. 'n Troue DJ moet slim genoeg wees om 'n groot verskeidenheid musiek te kan speel vir verskillende gaste Oud Jong swart en wit en hoe meer jare jou DJ dit al doen hoe beter vir jou.

2. Huur 'n DJ met 'n Goeie Reputasie
Vra vir verwysings van vorige kliente vorige kliente sal meer as gewillig wees om vir jou idee te gee van wat die DJ se diens behels sy professionaliteit en passie vir musiek.

3. Huur 'n DJ wat jou behoeftes eerste Stel
'n Goeie Dj sal jou toelaat om in beheer te wees van die die musiek, en ook voorstele maak van hoe om jou dag spesiaal te maak, Dit is tog jou dag so jy kan absoluut in beheer wees van watter rigting die Troue dj se diens inslaan

4. Maak seker jou troue of Funksie DJ is Btroubaar
Vorige kliente behoort jou 'n goeie idee te gee van die DJ e betroubaarheid. 'n DJ behoor alreeds 2 ure voor die funksie begin daar te wees en ook bly vir die volle tyd wat ooreengekom is in die kontrak. 'n Goeie DJ moet ook bystand toerusting he soos ons en ook seker maak jy het vermaak terwyl die toerusting omgeruil word

Jou Troue is slegs een dag; maak dit 'n partytjie wat jy noot sal vergeet nie deur genoeg tyd te spandeer aan navorsing oor Mobiele Diskoteek maatskappye

troue dj kwotasie

cheri troue grimeer kunstenaar past jp louw trou dominee pastoor
lianie may musiek video skooljare
Ons het onlangs die groot eer gehad om saam met Lianie May Op te tree en klank toerusting en beligting te verskaf vir haar DVD en musiek video SKOOLJARE

KYK HIER NA DIE VIDEO

Alle beligting op die video is deur Function Music Services Verskaf en Christo ONS DJ speel ook die dromme op die video hieronder is wat Lianie na die tyd aan ons gestuur het:


Ek moet vir julle BAIE BAIE DANKIE se vir jul tyd en bydrae tot 'n ongelooflike suksesvolle produksie! van my nuwe musiek video Skooljare Julle was regtig great! Dit is altyd lekker om saam met mense te werk wat dieselfde passie deel. Die foto's op jou website is baie mooi! tot volgende keer!" 

Lianie May - 6 September 2009 - Rietfontein Noord Laerskool


 

Kopiereg 2010 DIE TROUE DJ'S. Alle Regte Voorbehou.
  Kopiereg bestaan op alle materiaal wat op hierdie webyuiste verskyn behoort alleenlik aan FUNCTION MUSIC SERVICES
  Geen materiaal wat op hierdie weblad verskyn mag gekopieer of gestuur word sonder die toestemming van die WEBMEESTER op skrif nie.
christo@functionmusic.co.za

Tuisblad | Fotos | Videos | Toerusting | Wie Is Ons | Kontak Ons | Vrae | DJ Pryse | Skakels | Kry Kwotasie

 

sabia brides choice awards samro facebook troue dj gauteng pretoria